4 Bedroom House for sale at R 3 675 000 in Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga – Listing No. P24-112683559
Die woonvertrekke is ruim en gesellig met ‘n oopplan kombuis en gasstoof. Hier kry jy die gevoel, word kwaliteit familityd spandeer. Die oopplan sit en-eetkamer pas met gemak ‘n 12 sitplek eetkamerstel in. De kombuis het ‘n aparte opwaskamer. Die leefvertrekke loop met opvoudeure uit op die groot stoep, onthaal en swembadarea.
Daar is 4 slaapkamers en 2 badkamers in die huis, waarvan die hoofslaapkamer en-suite is. Die hoofslaapkamer het ook ‘n buite stort. Beide die onderste vloer se kamers het ‘n veranda. Die kamers is groot en ruim. Badkamers is met smaak beplan en die afronding is netjies gedoen. Die Harvey Teeldak is ideaal vir die bosveld hitte wat ons hier in Kranspoort beleef en skep ‘n welkome lafenis op warm somersdae. Houttrappe lei jou na die boonste vloer met sy eie sitkamer/gesinskamer en twee baie ruim slaapkamers. .
Daar is twee dubbel motorhuise en die oprit is geplavei. Die tuin is besonders mooi en word een met die natuurlike omgewing. Daar is ‘n boma waar familie en vriende tot laatnag om ‘n kampvuur kan sit en kuier. ‘n Boorgat op die erf verskaf skoon en sterk water vir huishoudelike gebruik en besproeiing. Die eienares bedryf ‘n bossalon vanaf haar huis, en hierdie area kan of sorg vir ‘n ekstra inkomste of selfs ingerig word vir ‘n werks/studeerkamer/ateljee hier in die natuur of natuurlik vir ‘n ekstra slaap/woon/leef vertrek apart van die hoofhuis.’Buite geriewe maak die area die ideale plek vir ‘n bedryf/kantoor/ateljee. Daar is buite geriewe.
Kranspoort bied 4×4 roetes, staproetes, wandelpaaie, ‘n 9 putjie gholfbaan, visvangdam en verskeie piekniek plekke. Is net 2 ure se ry van Pretoria en Johannesburg op die N11 tussen Middelburg en Groblersdal en 5km van Loskopdam.
Om hierdie besonderse woning te besigtig en die Kranspoort leefstyl op sy beste te ervaar, kontak my gerus vir ‘n afspraak.
Go to Source
4 Bedroom House for sale at R 3 675 000 in Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga – Listing No. P24-112683559